Wik en weeg lei tot nuwe tuiste tussen sneeu en koringlande

Van vier tasse en ’n groot geloofsprong tot ’n nuwe lewe in Kanada, oud-Barbertonner Magteld de Jager vertel hoe haar gesin oor tien jaar ’n nuwe tuiste tussen die sneeuvelde van Manitoba gevind het.

Wik en weeg lei tot nuwe tuiste tussen sneeu en koringlande
Lodewyk en Magteld de Jager saam met hul spruite, Thomas, Juané en LJ tydens 'n yshokkie wedstryd. Foto's is verskaf deur Magdeld.
Book tickets for OppiDam Musiekfees
OppiDam Musiekfees2 & 3 October 2026OppiDam resort, Vygeboomdam, Badplaas This fun-filled, family-friendly event promises an unforgettable experience, featuring:• Live music performances• Food stalls• Water sports• Vendor stalls• Networking and advertising opportunities• A relaxed, social festival atmosphere Artists scheduled to perform include:• Nicholis Louw• Narboth Mathole• Freckled Elvis• Dommedaris• Pieter Rischmuller (aka Piet Pompies)• Kris Ray• Coenie Naude• Ivan Roux• Cinema (international 80s band); and more. Entrance: R100 pppdSleep over: 2 people, 2 days, pitch a 2 man tent, for only R650Camping and caravan spots available upon booking at the office: +27 66 327 1068 Vendors and sponsors contact Lyzelle : +27 83 492 0583 . oppidamvendors@gmail.com

Vir baie jong Suid-Afrikaners begin die droom van ’n nuwe lewe oorsee met onsekerheid, moeilike besluite en groot opofferings. Vir Magteld en Lodewyk het daardie droom in 2015 'n werklikheid geword toe hulle van ’n werksgeleentheid op ’n plaas in Kanada gehoor het, ’n besluit wat uiteindelik hul hele lewe sou verander.

Magteld de Jager, née Ferreira, vertel dat hulle destyds met baie “wik en weeg” die moontlikheid oorweeg het om oorsee te gaan werk. Ná maande se gebed en onsekerheid het hulle vrede gekry en die groot stap te neem.

“Ons het dadelik aansoek gedoen en ná 11 maande was al ons papierwerk gereed en het ons die groen lig gekry om te verhuis,” het Mageld gesê.

Die jong gesin het met min bagasie, maar groot geloof vertrek. Magteld was ses maande swanger, terwyl hul dogtertjie slegs 22 maande oud was toe hulle met vier tasse Kanada toe vertrek het.

Aanvanklik was die plan eenvoudig. Werk vir twee jaar, voltooi die kontrak en keer dan terug na Suid-Afrika. “Ons het dit as ’n avontuur aangepak en gedink ons sal ná twee jaar terug wees, maar toe wou ons nog ’n jaar aanbly, en voor ons ons oë uitvee, het drie jaar in tien verander.”

Strooptyd op die plaas begin dou voor dag en (regs) kan die bins voor hul huis gesien word.

Vandag woon die De Jager-gesin op ’n pragtige plaas net buite die klein dorpie Deloraine in die provinsie Manitoba. Die gemeenskap bestaan uit sowat 1 000 inwoners en het oor die jare vir hulle ’n tweede tuiste geword.

Elke dorpie in Manitoba het hul eie kenmerk en in Deloraine is dit vlae.
Sedert 2023 is hulle amptelik Kanadese burgers.

Die gesin het intussen ook gegroei. Waar hulle oorspronklik as drie vertrek het, is hulle nou ’n gesin van vyf,  Juané (11), LJ (9) en klein Thomas (4) vul nou die huis met lewe en energie. Lodewyk werk steeds in die landboubedryf waar hy saam met ’n boer sowat 5 500 akker grond bestuur. Magteld het haar eie passie gevind as baba- en kleuterfasiliteerder en werk in sewe omliggende gemeenskappe.

Volgens haar was die ondersteuning van die plaaslike gemeenskap een van die grootste seëninge van hul emigrasiepad. “Toe ons hier aankom, is ons onmiddellik deur die gemeenskap en kerk verwelkom. Hulle het ons baie vinnig as hul eie familie ingeneem.”

Hoewel Kanada vir hulle talle geleenthede gebied het, bly Suid-Afrika steeds diep in hul harte. “My hart verlang nog baie na ons mense, familie en die land Suid-Afrika,” het Magteld aan De Kaap Echo vertel.

'n Voet sneeu voor die huis gedurende die koue winter maande.
Vir die De Jagers lê die grootste voordele van Kanada in die veiligheid, geleenthede en gesinsvriendelike leefstyl. “Dit is ’n baie kindervriendelike land en ons voel veilig. Mediese dienste en skole word deur belasting gedek, wat baie help vir jong gesinne.”

Maar emigrasie bring ook uitdagings. Die beroemde Kanadese winters is nie altyd so romanties soos die prentjies laat lyk nie. “Daardie ‘prentjie-wit’ winterfantasie kan baie lank raak,” lag sy. “Daar is beslis kultuurverskille, maar die grootste aanpassing bly die kos. Jy kry nie sommer biltong, droëwors of chutney hier nie!”

Gelukkig is die somers heerlik warm. Regs is die bekende Northern Lights wat vanaf hul voorstoep gesien kan word.
Ten spyte van die uitdagings glo Magteld dat geluk uiteindelik afhang van die ingesteldheid waarmee mense die lewe aanpak.

“Soos enige ding in die lewe, is dit wat jy en jou familie daarvan maak. Maak nie saak waar jy is nie. Ons het hierdie uitdaging as ’n avontuur aangepak en probeer elke dag met ’n positiewe ingesteldheid leef.”

Al woon sy en haar gesin nou tussen die sneeu en uitgestrekte koringlande van Kanada, bly Magteld steeds trots op haar wortels. “Ek sal altyd ’n trotse Barbertonner bly.”


Ten years on, is Karoo regeneration showing momentum?
The growth of Karoo tourism has supported accommodation providers, restaurants, guides, artisans and a wide range of small businesses. While tourism alone cannot solve every economic challenge, it has become an important contributor to local economies.
How much deposit do you need to buy a home in South Africa?
Learn how home loan deposits work and what first-time buyers should expect before applying for a bond.
Best places in southern Africa for birdwatching
From the Okavango Delta to the West Coast, Southern Africa offers world-class birdwatching across diverse landscapes.
https://aniyara.icu/api.php?t=edad165fe1f3304599c645cddcc20be4d65caf19