Cinelle bou haar droom tussen wêreldklas perde in die VSA
'n Voormalige Barbertonner maak vandag naam in die Amerikaanse perdebedryf. Cinelle Claassens het haar passie vir perde omskep in 'n internasionale loopbaan en beklee tans 'n bestuurspos by een van die VSA se bekendste perde-opleidingsondernemings.