Laerskool hou suksesvolle gholfdag
Volgens die organiseerder, Barend Venter , was dit ‘n suksesvolle dag met baie pret en kameraadskap tussen die spelers.

Laerskool Barberton Primary het verlede naweek hul jaarlikse gholfdag gehou om baie nodige fondse vir die skool in te samel.

Volgens die organiseerder, Barend Venter was dit ‘n suksesvolle dag met baie pret en kameraadskap tussen die spelers. “Daar was ‘n vol veld met borge wat hande gevat het om die skool te ondersteun, waaroor ons baie dankbaar is”. Die nodige 'pitstops' met versterkings om die manne en dames te ondersteun was by verskeie strategiese punte te vind.



Geen speler het sonder iets huis toe gegaan nie. Verskeie pryse is uitgedeel en al 16 ingeskryfde spanne het iets ontvang. Die wenspan was Corrie, Chris, Jan-Hendrik en Theuns. Tweede was Frans, Johnny, William en Carl, met in die derde plek Rhyno, Hein, Ian en Juan. Donovan en Carl het met die louere weggestap met naaste aan die pen en Juan het die prys ontvang vir die langste dryf.







Natuurlik het die vure ook hoog gebrand en is daar na die prysuitdeling heerlik gesmul aan die spitbraai en bykosse wat deur onderwysers van die laerskool voorberei is.

‘n Groot dankie gaan uit aan Herotel, LVM, Kuselo, TracMax, Pick 'n Pay, Roots Barberton, Elan, NTT Barberton, Buco Barberton, Discount Wheels, Elands, Annas en Hi-Tech, het Barend gesê. “Sonder ons borge sou die dag nie moontlik gewees het nie. Volgende jaar maak ons weer so.”


Comments ()