Vir diere is jy die duiwel
My Capie-woorde - die wat ek oor jou wil spu - sal nie aanvaarbaar wees vir hierdie platform nie, maar gee jou verbeelding vrye teuels rondom presies wat ek van jou dink - jy wat deel het aan hierdie gemors.

π΅ππππΊππππ: π€π πππΊπΊπ ππ πππ π£πΎ πͺπΊπΊπ π€πΌππ ππΎπ½πΊπππΎππ π«πππΎπππΎ π²ππΎππΌπΎπ, ππΊπ ππΎπ ππΎππ ππΏ ππ, ππΊπΊπ ππ ππΎπππππΏ πΎπ ππ ππππππΎ ππ πππΎ ππππ½ππΎππ½ππ ππΊπΊπ ππππππ πππΎ. π£ππ, πππ½ππΎπ ππ 'π ππππ»π πΎπΎπ ππΎπ ππΎπ ππΊπ πΎπ πππΎ πΎπ πππππΏ, πππ π½ππ ππΎπΎπ ππ, πππΎ ππΎπΎπ π½ππΎ ππΎπ½πΊπππΎππ ππΊπ π£πΎ πͺπΊπΊπ π€πΌππ πππΎ.
"Hell is empty and all the devils are here."
- William Shakespeare.
Elke jaar, sonder uitsondering, bring Oujaarsaand dieselfde vrees. Vir die mense wat omgee vir diere en vir die diere self β plaasdiere en wild wat deur klank tot pure paniek gedryf word inkluis, maar troeteldiere verΓ‘l gaan deur ekstra pyn, want die oorsaak is gewoonlik die mense in hul eie dorpe.
Nou vra ek jou:
"Waar is jou Vrede op Aarde? Wat het geword van jou vreeslike heiligheid 'n paar dae terug, want vir diere, oral op die aarde, is jy, die een wat vuurwerke skiet, vanaand die duiwel en die aarde is die hel.
Vanaf my redakteurskap in 2011 by die destydse Barberton Times, het ek elke jaar hieroor geskryf. Nie omdat dit βn algemene onderwerp is nie, maar omdat ek die nagevolge eerstehands gesien het - in regte agterplase, by regte huise, met regte diere.
In Barberton was dit erg. Diere wat in blinde vrees probeer ontsnap het, het hulself vasgehardloop in ysterhekke, en veiligheidsrelings. Honde wat so desperaat was om weg te kom van die knalle dat hulle hulself deur metaal probeer druk het en beseer en bebloed daar vasgesit het. Party het dit nie oorleef nie. Ander moes later uitgesit word.
Een Oujaarsmiddag staan vir my onuitwisbaar uit.
βn Hond is buite gelaat toe die vuurwerke begin het. Die eienaars was nie tuis nie. Die dier het in paniek probeer inkom, maar die voordeur was gesluit, en die veiligheidshek ook. In sy vrees het die hond tussen die deur en die hek vasgesit - vasgevang by sy eie huis, sonder dat iemand daar was om te help.
My seun was toe nog βn student by Stellenbosch en tuis vir die vakansie. Hy moes oor βn heining spring om by die hond uit te kom. Die dier het nie geblaf nie. Hy het geskree van vrees. My dogter moes uiteindelik die hond oorneem en probeer kalmeer sodat ek die familie kon opspoor. Dit was traumaties. Vir almal. Daar was nog βn hond by daardie selfde huis - βn groot hond, maar hy was sΓ³ bang dat hy nie eens aggressie getoon het toe my seun oor die heining gespring en die kleiner hond probeer loskry het nie.
Die realiteit is eenvoudig: baie mense los hul diere buite of alleen by die huis oor Oujaarsaand. Nie vir βn paar minute nie - vir ure aaneen.
Vir diere is daar is geen konteks nie, geen verduideliking nie, geen begrip dat βdit sal nou verby weesβ nie.
Net skok en paniek.
Ek het jare lank probeer om die verordeninge rondom vuurwerke in Barberton verander te kry. Daar was, ten minste een jaar sovΓͺr ek kan onthou, βn poging vanaf die ou Umjindi Stadsraad. Die samewerking van sommige van die in die dorp, wat blykbaar gewetenloos deur die lewe poer, was sonder sukses. Elke jaar dieselfde verskonings. Elke jaar dieselfde skade. Elke jaar dieselfde vrees.
Ek is terug by my eie plek, in die Kaap, en ek en my diere het in 2018 in Barberton die laaste maal hierdie hel moes deurgaan, maar elke jaar hierdie tyd dan breek my hart vir elke dier die hele land deur β ook in en om Barberton. Mens kan after all tog nie soveel jaar in βn dorp bly en nie die goed en minder goed onthou nie.
Vandag, en mΓ΄re, sal daar weer diere wees wat in paniek probeer ontsnap. Diere wat oor mure spring. Diere wat hulself beseer. Diere wat wegraak en nooit weer huis toe kom nie.
Hierdie joernalis hoop eerlikwaar dat dit sal reΓ«n - in De Kaap Vallei - en oral elders. Dit sal miskien nie die harteloses stop nie, maar dit mag dalk die klank demp. My hoop is ook dat dit sal aanhou tot lank na 2026 begin het, want daar sal altyd daardie een donner wees wat nie omgee of dit al die derde Januarie is nie - aandag moet hy kry - en sterk wil hy voel, want dit is wat boelies die wΓͺreld deur doen - vrees probeer inpalm by die wat swakker is.
My Capie-woorde - die wat ek oor jou wil spu - sal nie aanvaarbaar wees vir hierdie platform nie, maar gee jou verbeelding vrye teuels rondom presies wat ek van jou dink - jy wat deel het aan hierdie gemors.
Vier jou oujaar, vier dit goed, maar onthou dat géén viering die lyding van weerlose diere regverdig nie.
Daar is een enorme verskil tussen oud wees en volwasse wees β grow a pair en doen die regte ding: wees jy die volwassene en sΓͺ nee, nie hierdie jaar nie en nooit weer nie!!!
Diere het nie βn keuse nie.
Jy het wel.
Comments ()