Ringbalklub vier groei, talent en gees
Die Barbarian Ringbalklub het hul jaarlikse prysuitdeling by Anna’s Pub gevier en ons plaaslike spelers het behoorlik geskitter!
🔴 Have you read these articles yet? Each one is a quick read, and we think you’ll enjoy it.
👉 🎥Things every female car owner should know
👉 🎥Date ideas for parents
Barberton se Barbarian Ringbalklub, oorspronklik bekend as die Barberton Korfbalklub, het oor jare ’n belangrike rol gespeel in plaaslike sport. Saam met die destydse DKD-span (Departement van Korrektiewe Dienste) was hulle groot mededingers op die baan en het hul wedstryde gereeld groot belangstelling uitgelok.

Met die jare het die sport en die gemeenskap verander, die naam het van korfbal na ringbal verander, en die klub moes aanpas by die wisselende tye.
Volgens Bernadine Charls, voorsitter, wissel hulle getalle van jaar tot jaar, maar bly die ringbalklub ’n trotse instelling wat die sport lewendig hou. “Elke jaar begin oefeninge in Februarie, met die liga wat in Mei afskop en die seisoen sluit af met die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gedurende die Julie-skoolvakansie. Ná dié hoogtepunt volg daar ook ’n skoletoernooi by die jaarlikse Camp Discovery in Pretoria.”

Oefeninge vind elke Dinsdag en Donderdag plaas van 18:00 tot 20:00 by Coronation Park. “Ringbal bly ’n gesinssport en die klub verwelkom spelers van alle ouderdomme", het Bernadine gesê.
In 2024 het die klub 37 geregistreerde spelers gehad, waarvan twee SA-span kleure verwerf het. In 2025 het 28 spelers geregistreer, met een speler wat die SA-span gehaal het. Die klub het onlangs hul jaarlikse prysuitdeling by Anna’s Pub gehou, waar spelers vir hul harde werk en deursettingsvermoë erkenning ontvang het vir 2024 en 2025.




Die pryswenners was as volg:
Sertifikate vir deelname aan SA-toernooi:
Ehlanzeni Dames A-span
Anica Barnard
Zuleka Hattingh
Chanté Schoeman
Felicity Schultz
Bernardine Charls
Ehlanzeni Mans A-span
Ian Barnard
Benyumin Charls
Pieter Jacobs
Coben Putter
Enrico Schoeman
PUMA-span
Chrisnia Venter
Barend Venter
Coben Putter
Benyumin Charls
Barbarian-span
Benyumin Charls
SA-Uitnodiging (Meester Dames-Kaptein)
Bernardine Charls - SA Uitnodiging Meester Dames (Kaptein)
Trofeë ontvangers
Maskot van die Jaar: Celest van Staden en Arnulda Jooste
Uitstaande prestasie op Doel (mans): Benyumin Charls
Uitstaande prestasie vir ‘n Middel (mans): HJ Strydom
Uitstaande prestasie as Verdediger (mans): Paul van Dyk
Uitstaande prestasie op Doel (dames): Chrisnia Venter en Sheryldene Höll
Uitstaande prestasie vir ‘n Middel (dames): Felicity Schultz
Uitstaande prestasie as Verdediger (dames): Nalizeri Pretorius
Mees Toegewydste Speler: Xhanthe Booysen en Felicity Schultz
Spanbestuurder van die Jaar: Martine Jooste
Afrigter van die Jaar: Bernardine Charls en Martine Jooste
Veelsydige speler van die Jaar Senior: Pieter Jacobs
Seniorspeler van die Jaar (mans): Coben Putter
Seniorspeler van die Jaar (dames): Hanelie Klaver
Damesverdediger van die Jaar: Zuleka Hattingh
Damesmiddel van die Jaar: Chanté Schoeman
Damesdoel van die Jaar: Anica Barnard
Mansverdediger van die Jaar: Ruan Venables
Mansmiddel van die Jaar: Ian Barnard
Mansdoel van die Jaar: Hendroe Pohl
Sportman van van die Jaar: Benyumin Charls
Sportvrou van die Jaar: Bernardine Charls
Voor daar afgesluit is het Bernadine hul borge van harte bedank vir hul toegewyding en ondersteuning. “Sonder julle sou ons nie kon funksioneer nie.” Borge vir die seisoen sluit in Klaver Plant Hire (hoofborg), Barberton Mines, Roots Barberton en Isaan’s Garden Services.
🔴 Have you read these articles yet?
👉 How art, activism, and kindness left its mark from Barberton to Plett
👉 Christelle Strauss se reis van visie, volharding en oorwinning

Read next
🔴👉 Visit our Categories page to find your favourite read!
🔴👉Visit our other publications
The Travel Thread | Where lekker meets latitude.
Karoo Times | Real Karoo. Real People. Real Business.
Flip the Market | Smart. Savvy. Slightly rebellious.
Comments ()