Lente is in die lug

Vir my is 1 September nie bloot nog ’n datum op die kalender nie. Dit is dié datum wat nie gou genoeg na die koue winter kan aanbreek nie.

Elke jaar sien ek met groot verwagting uit na 1 September, wanneer die winter amptelik sy tasse pak en lente haar intrek neem. Vir my is dit nie bloot nog ’n datum op die kalender nie. Dit is dié datum wat nie gou genoeg na die koue winter kan aanbreek nie.

My graad 6-klas moes hierdie week ’n begripstoets doen met die tema “Diere wat in die winter slaap”. Ek kon sommer daarmee identifiseer. As ek in reïnkarnasie geglo het, sou ek sonder enige huiwering aansoek doen om in my volgende lewe as ’n beer terug te keer aarde toe.

Dink net daaraan. Jy eet jou trommeldik, kry ’n lekker warm holletjie of grot, trek jou kombers oor jou kop en sê vir die wêreld: “Sien julle in die lente!” Geen wekker om 05:10 nie. Geen koue voete wanneer jy uit die bed klim nie. Geen motorkar wat eers so ’n bietjie moet warm word voordat jy hom durf bestuur nie. Geen besluit oor hoeveel lae klere nodig is om jou warm te hou nie.

Die beste van alles is dat niemand verwag dat jy produktief moet wees nie. Ek dink die beer en ek sou nogal goed oor die weg kom. (Dis nou naas die olifant….)

I'm just a click away: Email | WhatsApp | Property Profile.

Ongelukkig is ons mense nie so gelukkig nie. Ons moet elke oggend opstaan, maak nie saak hoe koud dit buite is nie, maar nou is daardie dae uiteindelik vir eers verby. Ek hoor al hoe mense sug en mor wanneer hulle aan die warm sweterige somermaande dink wat vir ons voorlê. Ek verstaan dit nie altyd nie. Hoe kan ’n mens kla oor son, warm dae, lang aande en die reuk van reën op droë grond?

Hier in die De Kaap Vallei is daar iets besonders aan die verandering van die seisoene. Jy hoef nie op ’n kalender te kyk om te weet dat lente aangebreek het nie. Die natuur vertel jou self. Die bome begin stadigaan bot. Kyk maar net na die Flamboyante wat reeds hul oranje/rooi kleed begin wys. Plante wat weke lank gelyk het asof hulle moed opgegee het, begin nuwe lewe wys. Blomme verskyn waar daar gister nog net droë gras was. Die voëls raak luidrugtiger en die lug voel sommer anders. By ons huis is die swaeltjies reeds terug, asof hulle presies weet wanneer dit tyd is om huis toe te kom.

Photo: Rajukhan Pathan.
Dan, die afwagting vir die eerste behoorlike somersreën.

Daardie eerste reën is vir my een van die mooiste dinge van die Laeveld. Die aarde se reuk verander, die stof gaan lê en die vallei word letterlik gewas. Ná die lang, droë wintermaande, met die rook en besoedeling wat soms soos ’n kombers oor ons omgewing hang, voel die reën soos ’n vars begin.

Die berge word groen. Die lug word helder en water loop weer waar dit hoort. Oornag lyk alles anders. Miskien is dit ook hoekom lente vir my soveel meer as net ’n seisoen is. Dit is ’n herinnering dat alles weer kan begin. Dat die natuur selfs ná maande van koue en droogte weer kan uitspruit, blom en groei.


Book tickets for OppiDam Musiekfees
OppiDam Musiekfees2 & 3 October 2026OppiDam resort, Vygeboomdam, Badplaas This fun-filled, family-friendly event promises an unforgettable experience, featuring:• Live music performances• Food stalls• Water sports• Vendor stalls• Networking and advertising opportunities• A relaxed, social festival atmosphere Artists scheduled to perform include:• Nicholis Louw• Narboth Mathole• Freckled Elvis• Dommedaris• Pieter Rischmuller (aka Piet Pompies)• Kris Ray• Coenie Naude• Ivan Roux• Cinema (international 80s band); and more. Entrance: R100 pppdSleep over: 2 people, 2 days, pitch a 2 man tent, for only R650Camping and caravan spots available upon booking at the office: +27 66 327 1068 Vendors and sponsors contact Lyzelle : +27 83 492 0583 . oppidamvendors@gmail.com

Ons mense het dalk ook so ’n bietjie daarvan nodig.

Lente is ’n goeie tyd om die winterslaap af te skud. Pak daardie kaste reg en gooi weg wat jy nie meer gebruik nie. Maak tuin en plant iets nuuts. Sit buite en gaan stap. Maak die vensters wyd oop en pak daai braaivleisvuur.

As jy dalk soos ek is, geniet eenvoudig die feit dat jy nie meer soggens eers moet oorweeg hoeveel lae klere jy gaan aantrek voordat jy die huis verlaat nie. Ek weet die somer kan baie warm raak. Ons in die Laeveld ken immers van hitte, maar gee my enige dag ’n warm somersdag bo ’n koue winteroggend. Daar is net iets aan die eerste dae van lente wat ’n mens se gemoed lig. Ek kry sommer ’n huppel in my stap. Die energie wil letterlik en figuurlik uit my lyf uitspring.

Photo: Edias Vandirai.

So, De Kaap Vallei, haal diep asem. Die winter is verby. Die son is warmer, die dae word langer, die bome bot, die blomme begin oopmaak en die swaeltjies is terug. Lente is amptelik in die lug. Ek is meer as gereed daarvoor! Kom sing saam: “Dis heerlike Lente, die winters verby…..”

𝓛𝔂𝓷𝓮𝓽𝓽𝓮.


Stof jou kuierskoene af, want hierdie Saterdag gooi Victoria-Wes die kunsdeure wawyd oop
Maak Victoria-Wes deel van jou Karoo-roete hierdie naweek. Dit beloof om voorwaar besonders te wees!
What it means to belong to a Karoo town
There is no agreed period after which a newcomer becomes local. Ten years are enough in one town and barely an introduction in another. Some people are absorbed quickly because they participate without trying to dominate. Others are still outsiders after decades of residence.
How to work out a budget for a road trip
Wondering how much your next Southern African road trip will actually cost? Here is a simple way to build a realistic travel budget before you leave.
We are more connected than ever, but are we really closer?
Digital communication has brought people within instant reach, but being available to one another is not the same as being close. What happens to human connection when a screen makes it easier to forget who is receiving our words?